Sikhula Sonke

Wednesday, May 22nd

Last update:01:10:18 PM GMT

You are here: Trade Justice

Trade Justice

Wendy Pekeur

Inleiding

Een van die grootste uitdagings was die tekort aan ko ordinering deur enige persoon of Struktuur. Dit het beteken dat geen effektiewe monitering van veldtog aktiwiteite plaasgevind het nie. Tydens die stock taking proses in die middel van die jaar was daar voorgestel dat die Algemene Sekretaris die ko ordinerings rol moet vervul. Die Veldtog strategie is ook nie in plek nie en dit gee aanleiding dat ons nie altyd seker is hoe om eise oorgedra op te volg of druk toe te pas nie. Sikhula Sonke is deel van verskeie veldtogte en moet dit hersien en prioritiseer.

 1. KONTEKSULE FAKTORE

 Eksterne konteksuele veranderinge gedurende die verslag periode

Politieke Omgewing
Tydens die voorloop van die verkiesing was COPE ‘n nuwe politieke party in die lewe geroep. Dit het egter nie enige nuwe hoop vir plaas werkers gebring nie e nuwe en bestaande manifesto’s is steeds dieselfde soos in die 1994 verkiesing. Die huidige veldtogte vir leefbare lone, moratorium op uitsettings, waardige werk, waardige lewens (werks versekering, sosiale Beskerming) en geskikte behuising was glad nie aangeraak in die manifestos. Die Demokratiese Alliansie ondersteun gewillige koper, gewillige verkoper wat teengestaan word deur Sikhula Sonke en ander Grond regte Organisasies. Nuwe plaas werkers desks was geloods by Munisipaliteite sonder die betrokkenheid van plaaslike plaas werker Organisasies of plaas werkers.

 

Read more...